LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Heerlike Onrus Huis | LekkeSlaap
+18

Heerlike Onrus Huis

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hennie Henn-laan 36, Onrus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Heerlike Onrus Huis is 'n selfsorgvakansiehuis in Onrus, 'n kusdorp net 'n paar minute se ry van Hermanus af en tussen berge, rivier, strandmere en die see.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 slaapkamers met en suite-badkamers.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien skottelgoedwasser, tuimeldroër, stoof, oond, yskas-vrieskas(x2), mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitkamer is daar twee gemaklike sitkamerstelle en 'n TV met volledige DStV-kanale. Die huis lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai. Daar is ook meer as genoeg parkering op die erf. Die huis is in 'n doodloopstraat met 'n heerlike oop ruimte voor die huis met 'n pragtige uitsig van die berge. .

Onrus skuil in die gewilde Onrus Peninsula, met die Onrusrivier aan die een kant en die Haarderbaai Marinereservaat aan die anderkant. Daar is ook 'n hele rits wêreldklas-wynlandgoedere al langs die asemrowende Hemel-en-Aardevallei. Swem en snorkel in die rotspoele is ook gewilde doendinge. Davies se Poel is ongeveer 5 minute se stap vanaf die huis.

Slaapplek

’n Bespreking by Heerlike Onrus Huis sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Heerlike Onrus Huis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hennie Henn-laan 36, Onrus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Heerlike Onrus Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hennie Henn-laan 36, Onrus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnoIScMvVUHDyeWhrC8PU6Dn3X6ieGnPzvtMWmndrmLOhc8aW5r?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 36 Hennie Henn Avenue Onrus 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-18:00 10:00 -34.411308851311 19.165203194477
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!