Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Heidedal Selfsorg Gastehuis

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R620 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Heidedal Selfsorg Gastehuis is op 'n plaas 27 km buite Porterville geleë in die Groot Winterhoek berge en is deel van die bewaar-area naby die Groot Winterhoek Natuurreservaat. Die naaste dorpe is Tulbagh (75 km), Piketberg (53 km) en Citrusdal (75 km).

Verblyf word in 2 selfsorgeenhede aangebied, naamlik Grasdak Plaashuis (12 gaste) en Die Stalle (5 gaste). Die Grasdak Plaashuis is 'n groot gerieflike huis en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers en bied verblyf aan tot 10 gaste. Die huis het 'n ruim stoep met 'n sit-, eet- en braai-area, 'n uitsig oor die tuin met groot bome en 'n pragtige grasperk en op die berge. Daar is ’n goed toegeruste kombuis met ’n oopplan-eetarea en die sitkamer het 'n kaggel vir daardie koue wintersaande se kuiers. Net buite die huis is n studio waarin nog twee mense kan slaap. Hier is tee maak geriewe n mikrogolf en n stort en toilet.

Die Stalle bied basiese selfsorggeriewe en beskik oor 2 slaapkamers elk met eie stort, toilet en wasbak. Die eenheid kan in totaal 4 volwassenes of 2 volwassens en 3 kinders akkommodeer. Die kombuis is met, onder andere, ’n stoof, yskas, breekware en ketel toegerus en sluit aan by die sit- en eetarea. Al die vertrekke het 'n deur wat lei na die stoep wat tafel, stoele en braaigeriewe het. Die Stalle het ook ’n fantastiese uitsig op die berge wat vir seker bydra tot die rustigheid.
`
Die Fauna en Flora is onder andere klipspringers, duikers en vaal ribbokke, bobbejane, rooikatte, muskeljaatkatte, wildekatte en luiperds en n magdom voels. Die Kaapse fynbos in die omgewing is ryk aan verskeie spesies.

Vir die stappers is daar 'n hele paar voetslaanpaaie in die Groot Winterhoek Berge en navraag in dié verband kan by Cape Nature gedoen word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 35 resensies vir Heidedal Selfsorg Gastehuis
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Jaar gelys 6

Ligging

  • Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Gaste dink Heidedal Selfsorg Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R620
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R620
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXSDYAQR7UyEcXgtZ3695HpMqhsGYB0NWYw0LLGl1mhQnlEQBIV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R620 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 Heidedal Farm Porterville 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -32.940592374564 19.071935927863
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem