Heidel-herberg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Heidel-herberg bied ruim selfsorgverblyf in Parow wat ideaal is vir korttermynverblyf. Die woonstel is stapafstand vanaf die Panorama Mediclinic en die Panorama GVI Onkologiesentrum en daar is verskeie restaurante en winkels in die omtrek vir jou gerief.

Die oopplan-eenheid bied slaapplek vir 2 gaste met 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed vir 'n kind of derde persoon en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en eetgerei. Daar is ook 'n platskerm-TV met al die DStv-kanale en gratis WiFi in die eenheid.

Vredemaker het slaapplek vir 1 gas op 'n driekwartbed. Dié eenheid het ook 'n kombuisie, 'n en suite-badkamer en WiFi, 'n TV en DStv.

Veilige parkeerplek is beskikbaar, daar is diefwering voor elke venster geïnstalleer en elke deur het 'n veiligheidshek vir ekstra sekuriteit.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Heidel-herberg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R250 per nag (plek vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za