Hemyock Plaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hemyock is 'n pragtige plaas in die KwaZulu-Natalse Middellande. In 'n 45 minute omtrek kan jy die Midlands Meander besoek, 'n potjie gholf speel op Gowrie Plaas of jouself bietjie bederf by Fordoun Spa of Brookdale Spa. Gaste kan ook die Nottingham Road Brewery Company of die Nelson Mandela Capture Monument besoek.

Die manjifieke huis bestaan uit 7 slaapkamers, 5 badkamers en bied gerieflike slaapplek vir tot 16 mense. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde slaapkamers het 'n dubbelbed elk. Die vyfde en sesde slaapkamers het 2 enkelbeddens elk en die sewende slaapkamer het 4 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien vir jou gerief. Die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg. Daar is 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, 2 leefareas met 'n TV en DStv en 'n kaggel in elk vir koue winteraande. Daar is 'n swembad om in af te koel na 'n lang dag van besienswaardighede en doendinge. Een van die gewilde doendinge in die area is forel-visvang en Hemyock Plaas het 2 damme met volop vis en dit is teen 'n rivier met 'n oorvloed forel. Let asseblief daarop dat visvangtoerusting nie voorsien word nie, so bring asseblief jou eie saam.

Daar is 'n groot tuin met asemrowende voëllewe en al is dit 'n beesplaas het ons al rietbokke, bosbokke, duikers, otters, muishonde, konyne, ystervarke, bobbejane, apies, jakkalse en tierboskatte hier gewaar. Daar is voetslaanpaaie in die omtrek en bring sommer jou bergfiets ook saam sodat jy die plaas bietjie kan verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hemyock Plaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R10 500 per nag (vir 16 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za