Henne's Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Henne's Rest in Marlothpark bied gehalte-verblyf in die bosveld wat perfek is vir 'n gesin of 'n groep vriende. Kom geniet gerus 'n skemerkelkie op die privaat uitkykpunt wat 'n uitsig oor die Krokodilrivier in die Krugerwildtuin bied.

Die huis het 'n oopplan-uitleg en is volledig ingerig. Gaste hoef net swemhanddoeke en kruideniersware saam te bring.

Daar is 5 slaapkamers in die hoofhuis met slaapplek vir 8 volwassens en 2 kinders onder 12 jaar. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Daar is 'n aparte area met 'n dubbelslaapbank vir kinders. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. In die volledige tweede badkamer is daar 'n bad en 'n stort. Die slaapkamers en leefareas het lugversorging. Daar is 'n aparte kothuis met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer wat slaapplek aan 2 volwassenes bied.

Die kombuis is goed toegerus vir gerieflike selfsorgverblyf.

In die sitkamer is daar gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

'n Beskutte swemplek en braaigeriewe is ook beskikbaar.

Sebras, koedoes, apies en bokke kom maak gereeld hier 'n draai!

Slaapplek

'n Bespreking by Henne's Rest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Henne's Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za