Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Heritage Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 3, Alexandria, 6185, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Heritage Guest House is in 'n groot, boomryke tuin met oorgenoeg voëlspesies geleë en bied gemaklike verblyf in 'n gastehuis in Alexandria. Die gastehuis bied warm Oos-Kaapse gasvryheid met heerlike plaas-etes en gemaklike kamers.

Die gebou is oud en is oorspronklik as 'n klein hotel gebou wat sy deure in 1852 oopgemaak het. Die oorspronklike gebou was heelwat kleiner en het verskeie aanbouings gekry oor die jare. Dit het unieke kamers van verskillende groottes tot gevolg gehad. 'n Paar van die buitegeboue dateer ook uit daardie tyd. Die oorspronklike kombuis was buite en daar was ook 'n stal wat nou die waskamer en kombuis is. Gaste kan gerus hiervan gebruik maak. Verskeie oorspronklike afwerkings, soos die pragtige geelhoutvloere en skuifraamvensters, kan steeds gesien word. Veranderinge is vroeg in die 1950's aangebring en die invloed van daardie tyd kan steeds gesien word.

Verblyf word in 9 kamers en 1 woonstel aangebied. Buiten die woonstel is al die kamers op die boonste verdieping en word met 'n trap bereik. Elke kamer beskik oor 'n verwarmer, 'n waaier, koffie- en teemaakgeriewe en 'n TV met plaaslike kanale. Al die kamers bied dieselfde geriewe, maar sommiges is knus en ander groter waar 2 oorspronklike kamers bymekaargevoeg is. Daar is kamers met uitsigte oor die straat. Die kamer is ongelukkig nie groot genoeg dat 'n ekstra bed bygevoeg kan word nie en kinders moet dus met hul ouers deel. Die gastehuis het veilige parkeerplek op die perseel agter 'n hek.

Toe hierdie gastehuis gebou is, was dit baie algemeen om die huis aan die voorkant van die erf te bou, dus is die huis reg teen die straat met 'n groot tuin agter. Die pad kan besig raak gedurende spitstye, maar dit word rustiger gedurende die naweke en vakansies.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Heritage Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kathleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Jaar gelys 7

Ligging

  • Voortrekkerstraat 3, Alexandria, 6185, Oos-Kaap
  • Gaste dink Heritage Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 3, Alexandria, 6185, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVkZjhlNGE1LTFlZmUtNGY0NS05ZDMwLTE4MmQxMTg4Y2VmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 3 Voortrekker Street Alexandria 6185 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -33.653146619218 26.411508717791
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem