Noordelike Vrystaat Akkommodasie by Hermanus Cottage | LekkeSlaap
+36

Hermanus Cottage

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Langs die R34, Goliathskraal-plaas, Kroonstad, 9500, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Hermanus Cottage is in 'n veilige, omheinde wildkamp met 'n uitsig oor 'n dam wat op 'n plaas in die Vrystaat geleë is.

Dié dubbelverdiepingkothuis is toegerus vir selfsorg en het gerieflike slaapplek vir 10 mense. Die boonste verdieping het 'n privaat slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n oopplan-slaapkamer met 4 enkelbeddens. Dié twee kamers deel 'n badkamer met 'n bad en toilet. Die twee kamers op die onderste vloer het dubbelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad, stort en aparte toilet. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof met oond, potte, panne, eetgerei, breekware en 'n ontbyt-toonbank. Die leefarea het 'n TV met vol pakket DStv en 'n binne-braai waarin 'n behaaglike vuur kan knetter tydens die kouer dae. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Buite is 'n ingeboude braai met gerieflike hout tafels onder 'n prieel. Die dek met stoele buite bied 'n uitsig oor die dam. Hout word voorsien vir matige gebruik en skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek.

Heelwat wild soos springbokke, sebras, lechwes, waterbokke en volstruise kom kuier gereeld by die kothuis. Gaste moet ook hulle oë oophou vir die kolganse, wildemakoue, kopereende, ooievaars, slanghalsvoëls en vele meer wat hier voorkom. Ons gaste kan ook heerlik roei, swem, stap, hengel (bass) en fietsry op die plaas. Gaste moet asb. hulle eie fietse bring.

Slaapplek

’n Bespreking by Hermanus Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 31 resensies vir Hermanus Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Langs die R34, Goliathskraal-plaas, Kroonstad, 9500, Vrystaat
  • Gaste dink Hermanus Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Langs die R34, Goliathskraal-plaas, Kroonstad, 9500, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXAsHYSolHpYsUsMktTxqQfBzVrDeDeORy6rOH4xAH5atDROAhr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (vir 10 persone) 31 5 1 5 Off the R34 Farm Goliathskraal 9500 Vrystaat 086 999 0018 14:00-20:00 09:00 -27.833241365589 27.080746293068
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za