Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hermanus Heights Villa

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Hermanus Heights Villa is 'n selfsorghuis wat slaapplek aan 2 tot 8 gaste in 'n luukse deel van Hermanus bied. Die kamers en sitkamer het elk 'n pragtige uitsig oor Walkerbaai. Daar is 2 eenhede waarvan 1 op die boonste en die ander op die onderste verdieping is. Dit kan saam vir 'n groot gesin of groep bespreek word.

Die boonste verdieping het 2 slaapkamers en 2 badkamers, elk met 'n Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié verdieping is rolstoelvriendelik. Een van die badkamers het 'n inry-stort (sonder 'n drumpel) met handrelings waaraan jy kan vashou. Daar is geen trappies nie en oorgenoeg ruimte om 'n rolstoel deur die gebou te beweeg.

Die onderste verdieping beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste badkamer het 'n bad, wasbak en toilet, en die tweede het 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 kamers het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas en 'n gasstoof met 'n oond, mikrogolf en skottelgoedwasser.

Die huis is op een van die hoogste erwe geleë, teenaan die Raed-na-Gael-berg en dit bied 'n ongelooflike uitsig oor Walkerbaai. Jy kan van die huis af walvisse kyk gedurende die walvisseisoen. Daar is kuspaadjies wat jy kan stap, jy kan die Fernkloof Natuurreservaat besoek en die Hemel en Aarde-vallei is ook naby. Verder is daar wonderlike kos- en kunsvlytmarkies, feeste en 'n groot verskeidenheid restaurante en koffiewinkels.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 38 resensies vir Hermanus Heights Villa
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gillian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Jaar gelys 8

Ligging

  • Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hermanus Heights Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzwdqFMyPVWNPgzzWQZjWYhdZu5GPUO3An6FhDcLohDLTmkqQ2F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 5) 38 5 1 5 37 Raed na Gael Hermanus Heights 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.401935525424 19.254946271164
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem