Heron's Haven

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Feb 2020 tot 20 Mrt 2020.

Beskrywing

Heron's Haven is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 4 gaste aan die oewer van die Bergrivier in Port Owen.

Heron's Haven is op die grondvloer geleë, onder die eienaar se hoofhuis. Die eenheid beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n uitsig oor die rivier. Daar is 2 enkeldagbeddens in die leefarea. Die leefarea het 'n klein, en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware, sowel as koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Skoonmaaktoerusting word voorsien. Daar is 'n TV met 'n DStv-gesinspakket in die sitkamer, en WiFi is beskikbaar.

Die eenheid lei na 'n stoep met 'n draagbare braai-area. Daar is veilige parkeerplek agter 'n toesluithek. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Heron's Haven het direkte toegang tot die rivier en is nie veilig vir klein kindertjies nie. Gaste het ook toegang tot die jetty indien hulle 'n boot het wat hulle wil gebruik.

Let asb. daarop dat die eenheid in 'n rustige natuurgebied is, dus word harde musiek en lawaaierige partytjies nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Heron's Haven sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Heron's Haven gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 R933 per nag (vir 4 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Feb 2020 tot 20 Mrt 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za