Heyns Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Heyns Cottage is in die prentjiemooi dorpie, Swellendam in die Kaapse Overberg. Die kothuis is sentraal geleë naby gewilde restaurante en winkelsentrums.

Die kothuis is apart van die hoofhuis in 'n residensiële area. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n oopplan-badkamer wat 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Gratis seep en sjampoe word ook met aankoms voorsien.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, 'n ketel, eetgerei en breekware. Met aankoms word tee, koffie, melk en 'n bottel mineraalwater per persoon voorsien. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met DStv. Daar is 'n eerlikheidskassie in die kothuis waarin wyn, koeldrank en ander verversings gestoor word. Gratis WiFi.

Gaste is welkom om van die gemeenskaplike lapa met braaigeriewe gebruik te maak. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Let asb. daarop dat die eienaars 2 groot honde, 'n bokser en 'n boerboel het.

Slaapplek

'n Bespreking by Heyns Cottage sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Heyns Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za