Hibernian Towers 1004

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 25 % af

Kry 25% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 6 Nov 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Hierdie puik woonstel is geleë in Hibernian Towers, 'n eksklusiewe woonstelblok in die strand. Dit is ideaal vir 6 persone wat vakansie wil hou en is ook perfek vir besoekers wat al die besienswaardighede in die omgewing wil besoek. Toegang tot al die wynroetes kan nie makliker wees nie, en al wat tussen jou en Kaapstad staan is 30 minute agter die stuur. Dié woonstel het 3 slaapkamers en 3 badkamers, en bied 'n asemrowende uitsig oor die son wat oor die see sak. Hierdie knus, stylvolle woonstel sal jou net so tuis laat voel soos by jou eie huis.

Die eerste slaapkamer het 1 koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Al die kamers is elegant versier en die beddens is oorgetrek met delikate linne in smaakvolle kleurskakerings. Die eerste en tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe. En daar is 'n gerieflike rusbank met genoeg sitplek, 'n groot platskerm-TV met 'n klankstelsel, gratis WiFi en DStv-toegang in die sitarea.

Die ruim balkon verseker onbelemmerde see-uitsigte en gaste kan heerlik hier sit met 'n skemerkelkie in die hand en kyk hoe die son oor die see sak. Gaste het ook toegang tot Hibernian Towers se gimnasium, swembad en braai-area. Onderdakparkeerplek is beskikbaar en sekuriteitsdienste verseker jou veiligheid. Vervoer na die lughawe en motorhuur kan gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by Hibernian Towers 1004 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hibernian Towers 1004 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 R1 275 per nag (plek vir 6)

Kry 25% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 6 Nov 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za