HIbernian Towers 1006

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hibernian Towers 1006 is 'n ruim, luukse selfsorgwoonstel in 'n bekende woonstelblok in die Strand, teen die strand en na aan Somerset-Wes, op die randjie van die Kaapse Wynlande. Stellenbosch se Wynroete is tussen 15 en 25 km van die woonstel af. Die woonstel is op die sogenaamde Goue Myl, stapafstand van verskeie winkels en restaurante af.

Die eenheid bied slaapplek vir tot 6 persone en bestaan uit 3 slaapkamers en 'n oopplan-kombuis, sitkamer en eetkamer. Die eerste en tweede slaapkamers beskik oor dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sit-area is toegerus met 'n LCD TV met volledige DStv. Daar is ondervloerse verhitting en die woonstel maak oop op 'n balkon met 'n asemrowende uitsig oor die see,Tafelberg en die pragtige Helderberge. Die balkon is toegerus met 'n eetkamerstel en braaigeriewe.

Hibernian Towers het 'n gimnasium, sauna en 'n swembad op die vierde vloer, asook 'n geriefswinkel, koffiewinkel, restaurant en daar is 'n spa en 'n haarsalon op die grondvloer.

Slaapplek

'n Bespreking by HIbernian Towers 1006 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na HIbernian Towers 1006 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za