Stilbaai-Oos Akkommodasie by Hibiscus House | LekkeSlaap
+23

Hibiscus House

B&B
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat Oos 13, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R730 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hibiscus Huis is 'n gemaklike, luukse B&B wat aan die oostelike oewer van die Goukou getyrivier geleë is. Die Goukou verdeel Stilbaai in oos en wes. Elke kamer het sy eie en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Gaste kan in 'n dubbelkamer met twee aparte beddens, een met 'n dubbelbed, óf een twee enkelbeddens langs mekaar slaap. Daar is ook 'n kothuis (B&B of selfsorg) met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, sitarea, kombuisie en yskas-vrieskas.

Hibiscus Huis het 'n ruim oopplan eet- en sitkamer en 'n volledige kombuis met 'n aangrensende opwas-area. Daar is 'n groot yskas-vrieskas, 'n wasmasjien en tuimeldroër vir u gebruik. Vir u ontspanning het ons ook 'n TV en 'n klavier. Die halfbedekte braai-area met oorgenoeg sitplek front na die rivier. Daar is ook 'n speelkamer met 'n snoekertafel en 'n veerpyltjiebord.

Ons ontbyt is iets spesiaal. U kry 'n lys met 31 items waaruit u u eie ontbyt kan saamstel. U kan met liefde u eie koffie en tee maak. Ons verskaf vars melk, 'n verskeidenheid koekies en komplimentêre sjerrie.

Die eienaars, Mike en Louise, se huis is reg langs Hibiscus House geleë wat gaste se privaatheid verseker.

Daar is baie om te doen in Stilbaai. Die hoof swemstrand (Blou Vlag) is slegs 1 km van die voorstoep af. Om te baljaar in die warm Indiese Oseaan is beslis iets om op jou aftiklysie te sit. Ons het ook 'n tweeman-kanoe en twee roeiski's, en as u mooi sou vra kan ons selfs 'n visstok of twee aan u leen en vir u wys waar om u eie aas in die rivierbedding uit te haal. Vanaf die breë wal voor Hibiscus House, of vanaf die groot sondek op die dak, kan u die voëllewe bespied en ontspan in die gloed van die fantastiese sonsondergange oor die rivier. gaste kan wandelroetes onderneem van die huis af of net 'n kort rit onderneem tot waar die voetpad begin.

Kinders is mal oor Stilbaai, met die son-verwarmde poele in die rivier wat krioel met klein vissies, krappies (nie gevaarlik), modderkrewels en ander getyrivier organismes.

Stilbaai en Hibiscus House is so-te-sê misdaadvry. U kan dus met u deure en vensters wyd oop slaap en die werklike onbesoedelde seelug inasem om liggaam en siel werklik te verkwik.

Stilbaai se populêrste restaurant (On The Rocks) is net 350 m ver. Oorkant ons is 'n klein supermark (Oppirivier), 'n drankwinkel ("Die Oog") en 'n gewilde kroeg ("Puffies") wat veral deur jongmense besoek word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 22 resensies vir Hibiscus House
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Hoofstraat Oos 13, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hibiscus House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R730
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R730
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat Oos 13, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZhZTMxN2EzLTI5MzgtNDgyYS05ZWNjLTkyMGEzMDI0YzZiYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R730  per nag (vir 2 persone) 22 5 1 5 13 Main Road East STILBAAI 6674 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 11:00 -34.367164597046 21.417020559311
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za