Hiekiehee Vakansiehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hiekiehee Vakansiehuis is in 'n veilige buurt in Jongensfontein sowat 10km vanaf Stilbaai geleë. Die huis is sowat 70 m van die see af.

Die ruim selfsorgvakansiehuis het 'n pragtige, onbelemmerde uitsig oor die see beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n volledige see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamer deel die tweede badkamer en daar is nog 'n gastetoilet.

Die moderne kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, outomatiese wasmasjien, 'n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Daar is ook 'n ruim leefarea met gemaklike sitplek en 'n 55"-platskerm-TV met DStv-Explora.

Die leefkamer het 'n ingeboude binnebraai, asook ingeboude braaigeriewe buite. Jy kan dus in enige weerstoestande braai!

Daar is ook 'n buitestort met warm water om die sand na 'n dag se baljaar op die strand af te spoel.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis met 'n elektroniese deur en genoeg parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Hiekiehee Vakansiehuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hiekiehee Vakansiehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za