Glentana Akkommodasie by High-Tide | LekkeSlaap
+20

High-Tide

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 20, Glentana, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

High-Tide is 'n ten volle toegeruste selfsorg-eenheid in 'n privaat huis in Glentana, Mosselbaai, minder as 150 m van die strand af! Mosselbaai is ideaal geleë op die Tuinroete van Suid-Afrika en die eenheid is regdeur die jaar beskikbaar. Daar is 'n restaurant, 'n supermark en 'n wassery net 9 km van die huis af.

Die ingang lei na die boonste verdieping. Die eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, ingeboude kaste en groot skuifdeure wat toegang tot die bedekte patio bied. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Die tweede badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n slaapbank in die leefkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en al die nodige toebehore in. Die leefkamer beskik oor 'n TV met DStv, 'n DVD-speler, 'n CD-speler en gratis WiFi-toegang. Daar is verskeie DVD's en CD's op versoek beskikbaar. Die leefkamer het groot skuifdeure wat toegang tot die sondek bied. Gaste geniet ook toegang tot die pragtuin, braaigeriewe en swembad. Die dek het ook 'n gasbraai. Daar is parkeerplek in die straat beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by High-Tide sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 5 resensies vir High-Tide
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • Gleniqua-rylaan 20, Glentana, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink High-Tide het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 20, Glentana, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc0NDllMDlhLWZmMjItNDU5Yi04MzVkLTQ2OGE4MzlkM2I4Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 20 Gleniqua Drive Glentana 6530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.049147 22.306324
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za