Highland Nook

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Highland Nook is op Borreray Plaas, net 35 km van Underberg af in die Loteni-area van Himeville geleë. Hierdie akkommodasie is ideaal vir avontuurlustige gaste en buitelug-liefhebbers. Highland Nook bied akkommodasie in pragtige, rustieke kothuise asook kampeerplek in 'n skilderagtige vallei.

Highland Nook het selfsorgkothuise in privaat besit en 'n kampeerterrein in die Suidelike Drakensberge se Lotheni-distrik. Die plaas bied wonderlike uitsigte oor die berge en riviervalleie aan elke kant.

Elkeen van die 3 selfsorgkothuise het knus kaggels vir daardie koue winteraande. Al die kothuise het elektrisiteit, yskaste en gasstowe. Die Stone Age-kothuis en Croft-kothuis het ook mikrogolfoonde. Die rondawel, Hadeda’s Nest, deel die kampeerterrein se ablusiegeriewe. Sien die berge se rustigheid van die kothuise of van jou staanplek af. Die staproetes wag om verken te word en as jy hou van voëls kan jy beslis uitsien na 'n paar wonderlike foto-geleenthede. Of ontspan en geniet net die uitsigte van jou voorstoep af.

Daar is kampeergeriewe beskikbaar met warm baddens en storte, kragpunte by sommige van die staanplekke en 'n diepvrieskas waar kampeerders hul braaivleis kan hou. Daar is oorgenoeg skadubome waaronder jy kan tent opslaan op ons goed versorgde grasperke. Hiér kan jy beslis uitsien na die rustige berg-atmosfeer en 'n ontspanne blaaskans.

Let asb. daarop dat daar 3 verskillende roetes tot by Highland Nook is en daar is tans heelwat grondpaaie. Daar is net grondpaaie op die plaas. Geen vuurwapens of vuurwerke word toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Highland Nook gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za