Hilton View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hilton View is 'n paleisagtige huis in Hilton met 'n uitsig van die Drakensberge en die Karkloofberge. Hilton is die poort na die gewilde Midlands Kronkeling. Geniet die vars lug van die heuwels bo Pietermaritzburg.

Daar is 4 slaapkamers. Kamer 1, 2 en 3 het elkeen 2 enkelbeddens en kamer 4 is 'n gesinskamer met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Al die kamers het tee- en koffiemaakgeriewe, hul eie badkamers, TV's, yskaste in 3 van die kamers en balkonne met lieflike uitsigte in die 2 van die kamers. Daar is 'n manjifieke kroeg met lugversorging en 'n sitkamer met 'n groot TV, DVD-speler, pooltafel en 'n veerpyltjiebord. Dit maak dié venue ideaal vir groter groepe.

Daar is 'n klein teesitkamer met 'n klein balkon. Daar is ook 'n lieflike swembad-area en 'n manjifieke sondek met 'n boma met braaigeriewe vir die warm somersdae.

'n Volle ontbyt wat bestaan uit graankosse, jogurt, roosterbrood, vrugte, koffie, tee en vrugtesap word as selfsorg voorgesit. 'n Volle gaar ontbyt word in die eetarea of op die sondek bedien.

Hilton View is naby die historiese Capital City en is net 'n paar minute se ry van die Nelson Mandela monument, Midmardam, Hilton Life Hospitaal en die Howick Watervalle af. Dit is ook net 'n uur buite Durban en die Oos-Kus. Dit is 'n uur van die Drakensberge af en bietjie verder van Sanipas af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hilton View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za