Hippo Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hippo Inn is 'n gastehuis in Richardsbaai met kamers wat vir B&B- of selfsorgverblyf bespreek kan word. Dit is ideaal vir gaste wat op soek na 'n gerieflike oornagplek naby verskeie besienswaardighede.

Die verblyf bestaan uit 5 slaapkamers wat smaakvol versier is. Dié kamers het elk 'n dubbelbed óf 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. 2 van die kamers het 'n volledig toegeruste kombuis vir selfsorgdoeleindes. Ander geriewe in die kamers sluit lugversorging, gratis WiFi, 'n TV en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Ontbyt word in die eetkamer bedien waar ander heerlike maaltye ook op versoek teen 'n ekstra koste voorgesit kan word. Die gastehuis het ook 'n swembad en 'n vertrek met 'n pool-tafel wat gaste kan gebruik.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Hippo Inn is naby buiteklubs, 'n gholflandgoed en 'n winkelsentrum en dit is net 'n entjie se ry van die strand en ander doendinge af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hippo Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za