Hluhluwe River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hluhluwe River Lodge bied bekoorlike chalets en dis buite Hluhluwe geleë. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek, ver van die stad se geraas, maar naby besienswaardighede.

Die verblyf by Hluhluwe River Lodge word in 12 chalets en 1 selfsorg-eenheid aangebied wat elkeen smaakvol en uniek ingerig is. Die chalets bied elkeen slaapplek vir tussen 2 en 6 mense met 2 enkelbeddens of koningingrootte-beddens in die slaapkamers en 'n en suite- of privaat badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Die geriewe in die chalets sluit lugversorging, kluise in die kamers, verwarmers en koffie- en teemaakgeriewe in.

Ontbyt en ander smullekker etes word in die eetkamer van die hoofgebou bedien. Die hoofgebou het ook 'n gemeenskaplike sitkamer, kroeg en 'n terras waar gaste die lieflike uitsigte kan geniet. Daar is ook 'n swembad vir gaste se gebruik en WiFi is in al die gemeenskaplike areas van die lodge beskikbaar.

Hluhluwe River Lodge is aan die oewer van St. Lucia-meer aan die westelike kant van die iSimangaliso-vleilandpark geleë. Seekoei- en krokodilboottoere kan op die perseel gereël word en die lodge is net 'n uur se ry van die strand, omliggende reservate en ander besienswaardighede af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hluhluwe River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 190 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za