Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Huis)

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Huis) is 'n huis wat onlangs opgeknap is. Dit word as 'n selfsorg-eenheid verhuur waarvan gaste 'n kamer kan kies. Spesiale tariewe kan gereël word per persoon wat deel. Die oorblywende kamers wat nie gebruik word tydens jou verblyf nie, word dan gesluit.

Die huis het twee balkonne wat panoramiese uitsigte oor die wildlandgoed bied vanwaar gaste die wild kan dophou met die prag van die oop bosveld en die Drakensberge wat in die verte uittroon. Die huis het slaapplek vir 15 gaste wat deel (12 op luukse beddens en 3 op 'n tripelstapelbed). Daar is 5 ruim slaapkamers om van te kies om gaste se spesifieke behoeftes te pas. 2 badkamers en 'n buitestort is beskikbaar.

Die landgoed beslaan 680 hektaar en elke lodge of huis is op 'n hektaar-erfdeel. Die wild loop vrylik op die landgoed rond, so jy kan die diere by die huis besigtig of op 'n wildrit gaan. Toegang word streng gemonitor deur middel van 'n sekuriteitshek met 24 uur-toegangsbeheer. Die landgoed is net 'n paar honderd meter buite Hoedspruit geleë en naby 'n aantal restaurante, kroeë en winkels. Die landgoed bied ook 'n hele rits doendinge soos perdry, wildritte, voetslaan, bergfietsroetes en nog meer.

Die eiendom is 'n selfsorghuis wat ten volle gemeubileer is. Kom ervaar die sonsopkoms op een van die balkonne terwyl jy uitkyk oor die wilde landskap. Gaste kan ook snags op die leunstoele ontspan, na die sterre staar en na die natuurgeluide luister.

Die sitkamer of TV-kamer het 'n DVD-tuisteater en DStv-Premium. Die oopplan-kombuis het genoeg eetgerei, breekware en toebehore. Daar is ook 'n vierplaatstoof-oond, mikrogolfoond, 2 yskas-vrieskaste (albei met dubbeldeure) en nog 'n vrieskas. Ander kombuisware sluit onder andere 'n diepbraaier en springmieliemaker in. Die opwaskamer het 2 wasmasjiene en 'n tuimeldroër. Die huis het 1 motorhuis met 'n elektriese deur en 'n dubbel- en enkelmotorafdak. Daar is genoeg spasie vir ten minste 5 voertuie. Die huis het 5 lugversorging-eenhede wat die hele huis verkoel.

Daar is 'n privaat swembad in die dek, 'n lapa met 'n binnebraai, en 2 toilette wat vir konferensies gebruik kan word. Benut gerus die versonke boma om saans saam met familie en vriende te kuier, en om lekker warm te bly in die winter. Daar is ook 'n draagbare tafel, stoele en sambrele vir die warm somermaande. Die braai agter die huis bied ouers die geleentheid om 'n ogie oor die kinders te hou.

Hoedspruit is 'n toeristedorp met baie toere, doendinge en skilderagtige roetes. Onthou om jou bergfiets saam te bring om tydens dagbreek die verskeie bergfietsroetes op die landgoed te verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Huis) sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 5 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Huis) gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 550 per nag (vir 15 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za