Hollywood Mansion & Spa Camps Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie uitsonderlike, pragtige huis het manjifieke uitsigte en 'n bergstroom wat deur die eiendom vloei en konstant 'n strelende melodie laat weerklink.

Dit is 'n simfonie van glas en vleklose staal met travertynvloere en Afrika-rooshout. Daar is 6 en suite-slaapkamers. Die formele leefkamer het 2 vlakke en daar is 'n Juliet-balkon wat oor die vertrek uitkyk. Die buitelug-area is die perfekte onthaalarea met 'n braai en groterige, verhitte randvloei-swembad. In die kombuis is daar kliniese, vleklose staalwerkoppervlak, die beste Siemens-gereedskap en rooshout-kabinette. Daar is 9 balkonne, 3 studeerkamers en 4 toesluitmotorhuise, 'n gimnasium, rolprentkamer, en klem op sekuriteit met geslotekringtelevisie (360º) en 'n alarm.

Die huis is werklik die toppunt van luuksheid en het 2 kaggels, 'n instap-koelkamer, slaapkamers met volvloermatte en die beste badkamertoebehore en Italiaanse ligte. Die huis is ideaal vir onthaal met 'n kroeg, Jacuzzi, wynkelder en pooltafel langs 'n natuurlike rivier.

Daar is ook musiek van jou keuse wat reg deur die huis kan speel, insluitende die swembadarea. Verder is daar 'n plasma-TV in die informele sitkamer met DVD en satelliet-TV verbind met hoofslaapkamer en filmteaterkamer. Alle slaapkamers het lugversorging. Daar is 'n biblioteek met meer as 500 boeke en romans wat gaste kan lees.

Die herehuis is op 'n halwe akker gebou wat baie skaars is vir Kampsbaai. Dit is bekend as een van die grootste huise in Kampsbaai. Daar is parkeerplek vir 16 motors. Daar is 'n gelyke grasperk langs huis en verhitte swembad, en dus geen trappe nie. Daar is ook 'n klimraam en swaai vir die kinders aan die teenoorgestelde kant van die natuurlike rivier wat 2 brûe het, en dit is 'n ideale speelgrond vir kinders.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Internet koppeling
  •  Kamer daagliks skoongemaak
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hollywood Mansion & Spa Camps Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R18 000 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za