Home Away

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Home Away is 'n bekoorlike vakansiehuis in Pinehurst, 'n rustige woonbuurt in Durbanville. Dié woonbuurt is naby winkelsentrums, restaurante, kroeë en 'n wêreldgehalte wynroete.

Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, TV met toegang tot Netflix, 'n skuifdeur wat na 'n tuin lei en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Die sitkamer lei na 'n patio met ingeboude braaigeriewe en 'n sitarea. Die huis bied 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, alarmstelsel en dubbelmotorhuis.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Tygervallei- en Glengarry winkelsentrum, Durbanville wynlandgoedere, gholfklubs, Kaapstad se strande, Welgemoed Gholflandgoed, Grand West Casino en Tafelberg in.

Slaapplek

'n Bespreking by Home Away sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Home Away gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za