Home from Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Home from Home is 'n woonstel op die eienaar se perseel in Howick. Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en dis 'n entjie se ry vanaf verskeie sport- en trouvenues in die area.

Die semi-selfsorgwoonstel is volledig gemeubileer en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n sitkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met winterlakens (in die winter) en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die woonstel het 'n oopplan-kombuis met 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware, maar geen stoof nie. 'n Verwarmer is in die winter beskikbaar en daar is plafonwaaiers.

Breekware en eetgerei word daagliks gewas en afgedroog.

'n Toesluit-onderdakparkeerplek (1,8 m hoog) is beskikbaar.

Die sitkamer langsaan het 'n TV met volledige DStv. Gratis WiFi word voorsien. Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met 'n tafel en sitplek. Rokers is welkom om hiér te rook. 'n Draagbare braai kan op versoek gereël word.

Die eiendom is ook 'n entjie se ry van restaurante, winkels, Howick Private Hospitaal en die Howick Gholfklub af. Daar is ook ander besienswaardighede in die Midlands Meander. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 'n 24 uur-kennisgewing word vereis vir ’n bespreking.

Slaapplek

'n Bespreking by Home from Home sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Home From Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za