Honey Badger Safari House

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 10 % af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Sep 2019 tot 10 Des 2019.

Beskrywing

Honey Badger Safari House is 'n selfsorgvakansiehuis in Marloth Park, 'n wildbewaringsgebied van 3000 hektaar en 'n vakansiedorp aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin tussen Malelane en Komatipoort.

Dié dubbelverdiepinghuis het 3 en suite-slaapkamers en 'n solder-area met slaapplek vir tot 9 gaste. Daar is 'n koninggrootte-bed, 3 koningingrootte-beddens, 1 driekwartbed en 'n slaapbank. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die ruim oopplan-leefarea bied gerieflike sitplek en 'n TV met volle PVR DStv.

Buite is daar 'n groot onthaalarea met braaigeriewe en 'n swembad wat perfek is om na die sterre te kyk of die leeus aan die ander kant van die draad brul. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 2 voertuie. Wildrit-pakkette kan vir jou bespreek word deur Honey Badger Safari House. Reël dit asseblief vooraf.

Slaapplek

'n Bespreking by Honey Badger Safari House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Honey Badger Safari House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 R3 200 per nag (vir 8 mense)

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Sep 2019 tot 10 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za