HoneyPot B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By HoneyPot B&B in 'n stil woonbuurt in Umhlanga geleë. Hier sal jy so tuis soos by jou eie huis voel. Honey Pot is ongeveer 1 km van Umhlanga Village en die swemstrand af, net 'n paar minute se stap, en bied veiligheid met lewensreddertoesig. Die B&B bied ook pragtige see-uitsigte.

Elke kamer het 'n individuele, privaat ingang en patio, 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n TV met M-Net en satellietdekodeerder, DVD- en CD-speler, WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolf, strykplank en -yster, telefoon en yskas. Skoon handdoeke word daagliks voorsien en daar is 'n daaglikse skoonmaakdiens. Ons voorsien ook strandhanddoeke. Elke kamer kyk uit oor die netjiese, mooi gevestigde tuin waar jy kan ontspan en die rus, stilte en vrede kan geniet.

'n Volledige Engelse ontbyt is beskikbaar of 'n Kontinentale verskeidenheid van vars vrugte, muesli en warm croissants wat met heerlike koffie bedien word. Ontbyt word in die ontbytkamer bedien wat oor die swembad uitkyk. 'n Wasgoeddiens en piekniekmandjies kan op versoek voorsien word.

Ons het twee pragtige honde; 'n Ierse Setter-hond, Flame en 'n Cocker Spaniel, Lulu. Hulle is baie vriendelik, maar hulle word nie in die gaste-area toegelaat nie. Gaste wat laat in die aand aankom, of baie vroeg in die oggend vertrek, sal deur ons portier en nagwag gehelp word.

Honey Pot B&B bied ook geriewe vir sakereisigers, soos 'n rekenaar, faksmasjien, woordverwerker en e-pos. Elke kamer het 'n telefoon, asook 'n geriewe waarmee gaste hul skootrekenaars aan die Internet kan koppel.

Ongelukkig laat ons in kinders onder 12 jaar toe nie.

Umhlanga is omtrent 20 minute noord van Durban en is naby St Lucia en die Gateway Inkopsiesentrums. Lughawevervoer, asook verskeie ander dagritte kan met plaaslike ondernemings gereël word. Daar is ook motorverhurings deur Avis em Budget beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Italiaans
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na HoneyPot B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za