Honne-Hemel: Oubaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Honne-Hemel: Oubaas is in Hondeklipbaai. Dié selfsorghuis het slaapplek vir 6 gaste, bied 'n pragtige uitsig oor die see en is net 'n entjie se stap van die strand af. Klein troeteldiere met maniere wat goed opgelei is is welkom indien dit vooraf gereël word.

Verblyf is beskikbaar in 3 slaapkamers. Daar is 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer in die hoofslaapkamer, en 2 enkelbeddens in elk van die ander 2 slaapkamers. Die en suite-badkamer het net 'n stort en die tweede, aparte badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, breekware en kookgerei asook braaigereedskap. Die eetarea het 'n etenstafel met 6 sitplekke en 'n lieflike vuurmaakplek.

Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en dubbeldeure wat oopmaak op 'n buitenste braai-patio met 'n see-uitsig. Daar is nog 'n braai-area met 'n buitetoilet, 'n toesluitmotorhuis en die perseel is ten volle omhein wat dit veilig maak vir kinders en troeteldiere.

Tydens spitsseisoen kan water min raak, so ons vra gaste om spaarsamig te werk te gaan. Die krag kan ook soms onverwags af gaan.

Hondeklipbaai is sowat 90 km vanaf Garies via 'n grondpad en 200 km vanaf Springbok. Die naaste vulstasie is in Koingnaas, 22 km ver. Hondeklipbaai het 'n slaghuisie, bakkery, drankwinkel, restaurante en 2 algemene handelaars vir basiese benodigdhede.

Slaapplek

'n Bespreking by Honne-Hemel: Oubaas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Honne-Hemel: Oubaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za