Honne-Pondokkies

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Honne-Pondokkies is in die klein dorpie Hondeklipbaai aan die Namakwalandse kus geleë. Hier is vrede en rustigheid 'n leefwyse en die inwoners en die omgewing is van enerse vere. Dis uiters veilig, so gaste kan kommervry in die strate rondloop en al langs die 14 km lange kuslyn wandel. Die Honne-Pondokkie is sowat 200 tot 300 m van die strand af.

Honne-Pondokkies bied akkommodasie in 7 selfsorg-eenhede met uitsigte oor die oseaan van die stoepies af, alles binne stapafstand van die strand af. Pondokkie 1, 2 en 7 is tipiese, bekoorlike Weskus-akkommodasie. Pondokkie 3, 4 en 5 is gerieflike hout-chalets met grasdakke. Alle eenhede het DStv en bied pragtige see-uitsigte. Elke eenheid is ook volledig toegerus met gasstowe en -oonde, en mikrogolfoonde.

Geniet 'n skemerkelkie op die stoep terwyl jy die pragtige sonsondergang aanskou. Daar is ook 'n groot lapa en boma. Daar is 'n gemeenskaplike eetkamer beskikbaar waar 'n warm, heerlike ontbyt teen 'n ekstra koste genuttig kan word, mits dit met aankoms gereël is.

Daar is ook 'n pragtige swembad en braai-area vir die genot van die hele gesin bied. Die kleinspan kan ook by ons pretpark speel. Al 7 eenhede is troeteldiervriendelik, maar op gaste se eie risiko.

Hondeklipbaai is sowat 90 km op 'n grondpad van Garies af en 200 km van Springbok af. Petrol en diesel is in Koiingaas beskikbaar wat omtrent 22 km van Hondeklipbaai af is. In hierdie bekoorlike dorpie sal jy 'n slaghuis, 'n drankwinkel, 'n restaurant en 2 kruidenierswinkels aantref.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Honne-Pondokkies gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false