Hoog 109 High

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hoog 109 High is 'n selfsorg-eenheid, sentraal geleë binne 'n 1 km radius van Santos-Blouvlagstrand, Die Punt, Dias Museum, verskeie winkels en restaurante en die Mosselbaai Seiljag en Boot Klub.

Die eenheid het slaapplek vir tot 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, en 'n volledig toegeruste kombuis en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Genoeg komberse word voorsien en daar is 'n gasverwarmer vir koue winteraande. Die badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n induksie- en gasstoofeenheid, 'n mikrogolfoond, yskas, broodrooster en 'n ketel. Die gemaklike leefarea het 'n TV met DStv (Select-pakket) en 'n DVD-speler. Om gebruik te maak van die DStv op jou Explora is gaste welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Smart LNB is beskikbaar.

Daar is onderdak braaigeriewe beskikbaar en daar is 'n grasperk in die tuin waar kinders kan baljaar. Die huis het diefwering voor al die vensters, 'n veiligheidshek voor die voordeur, 'n paniekknoppie vir die alarm en CCTV kameras by die hoofhek, vir ons gaste se gemoedsrus. Daar is parkeerplek op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Hoog 109 High sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hoog 109 High gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za