Hoopenburg Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hoopenburg Guesthouse is op 'n boetiekwynlandgoed van sowat 70 ha met 'n welige tuin wat verskeie soorte voëls lok geleë. Wonderskone uitsigte oor die wingerde en lieflike sonsondergange maak hierdie 'n wonder van die natuur. Ontspan langs die swembad of gaan stap deur die wingerde na die wynkelder en geniet 'n glas wyn.

Ons ligging is uiters sentraal en ons is dus 'n wonderlike basis vanwaar mens die nabygeleë besienswaardighede kan besoek en ook 'n perfekte plek vir sakereisigers. Die gastehuis is net 45 minute van Kaapstad se middestad af en 10 minute vanaf Stellenbosch, met maklike toegang tot die N1-hoofweg.

Ons het 5 kamers: enkelkamers, dubbelkamers, gesinskamers en 'n tweeslaapkamerkothuis. Elke kamer is toegerus met moderne geriewe, koffie- en teemaakgeriewe, TV met sekere DStv-kanale, verwarmer, waaier en haardroër. Die gesinskamers het elkeen 'n mikrogolfoond en yskassie en daar is 'n lekker kaggel in die leef- en eetkamer en in die somer kan jy in die swembad afkoel. Die perseel is kindervriendelik en omhein met 'n veilige plaaswerf vir die jongspan.

Ander geriewe op die perseel sluit wynproe, WiFi, visvang, 'n swembad en 'n kaggel in die eetarea in. Daar is ook 'n gesinsrestaurant op die buur-wynlandgoed.

Ons bied ook geriewe vir kleiner konferensies van tot 20 afgevaardigdes en funksiegeriewe vir tot 40 gaste. Ons bied warm en vriendelike, dog diskrete, gasvryheid en loop die ekstra myl om ons gaste 'n wonderlike verblyf te verseker.

Besienswaardighede in die omgewing: wyn- en kaasproe, restaurante, kameelperdpark, leeupark, Le Bonheur-krokodilplaas, Butterfly World, perdry, visvang in die dam, gholfbane, bergfietsroetes, die Taalmonument en kultuur- en historiese toere.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hoopenburg Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za