Hooves and Paws Safari Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hooves and Paws Safari Bush Camp is in Marlothpark, 'n 3000 hektaar-bewarea en vakansiedorp aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga.

Verblyf is beskikbaar in 'n huis met slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke kamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet en linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, gas-yskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n gemaklike sitkamerstel in die leefarea, asook 'n stapelbed. Gaste kan langs die swembad ontspan of braai by die lapa terwyl die diere soos kudu, zebra, blouwildebeeste, erdvarke en meer op die erf rond loop.

Marlothpark spog met 4 van die Groot 5, die olifant is nie hier te vind nie. Olifante kan wel by die Krokodilrivier wat Marlothpark en die Krugerwildtuin skei, gewaar word. Marlothpark het verskeie restaurante, 2 winkels, 'n vulstasie, hardewarewinkel en 'n drankwinkel.

Slaapplek

'n Bespreking by Hooves and Paws Safari Bush Camp sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Internet koppeling
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hooves And Paws Safari Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za