Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hopewell Farmstay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R56, Hopewell Farmstay, Steynsburg-distrik, 5920, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 200 per nag, vir 13 mense

Beskrywing

Hopewell is ’n Karoo-plaas in die Steynsburg-distrik waar daar met merino’s, dorpers en Sussex-beeste geboer word.

Dis ’n afgeleë plaas waar gaste net kerse, LED-ligte, ’n gasgeiser, stoof en 'n yskas het.

Dié huis bied ’n leeshoekie en ’n ruim oopplan-eetkamer en -sonkamer. Die huis het deurgaans ’n houtvloer. Die kombuis is toegerus met ’n gasstoof, gasyskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Daar is slaapplek vir 8 en die plaashuis beskik oor 4 kamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelhemelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Die tweede kamer het 'n enkelbed en die derde kamer het 3 enkelbeddens. Die vierde kamer het 'n stapelbed. Die tweede badkamer het ’n hoekbad, stort en toilet, en daar is ’n aparte gastetoilet. ’n Gasgeiser voorsien warm water.

Die aparte kothuis het slaapplek vir 'n ekstra 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Daar is ’n binnebraai in die kombuis en ’n buitebraai op die stoep.

Die plaas is van reën afhanklik en kry somerreënval. Die huis is naby ’n dammetjie waar gaste drankies kan geniet en die groot dam, Moolmansdam, is net ’n entjie se ry en ideaal vir piekniek en voëlkyk. Gaste kan Bulberg uitklim en die pragtige uitsig geniet. Daar is ook bergfietsroete op die plaas en in die omgewing.

Sowat 14 km van die plaas af kan gaste na die Orange Fish-tonnel gaan kyk, wat water vanaf die Gariepdam na die plase langs die Teebusrivier lei. Dis belangrik om ’n afspraak te maak om hierna te gaan kyk. Doen asb. navraag tydens bespreking.

Dis die ideale selfsorgverblyf vir natuurliefhebbers en daar is baie ruimte, voëls, ander diere en sterre.

Slaapplek

’n Bespreking by Hopewell Farmstay sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Riana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 36

Jaar gelys 9

Ligging

  • R56, Hopewell Farmstay, Steynsburg-distrik, 5920, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karoo Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag, vir 13 mense
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag, vir 13 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R56, Hopewell Farmstay, Steynsburg-distrik, 5920, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3594e1b758809eaa7206bfba91e2b8f0a7a0060659e8307aef307f65c33c2d5fcbfd98297fa1ecbd97cc2a6aba1c1e6eb0c0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 200 per nag, vir 13 mense R56 Hopewell Farmstay 5920 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.309877 25.540192
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem