Horizon Bay 1201

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Beskrywing

Horizon Bay 1201 is 'n selfsorgwoonstel op die twaalfde vloer van 'n woonstelblok in Bloubergstrand, Kaapstad. Dis die ideale verblyf vir vriende of familie wat op soek is na sentrale dog rustige verblyf naby 'n hele rits doendinge.

Daar is 2 slaapkamers, 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander kamer. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die woonstel het 'n tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ten volle toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sit- en eetarea bied netjiese sitplek met verdere geriewe soos 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en 'n eetkamertafel.

Gaste het braaigeriewe tot hul beskikking en Horizon Bay 1201 het 1 aangewese parkeerplek met sekuriteit en 'n hysbak. Die woonstelblok het 'n gemeenskaplike swembad op die eerste vloer.

Horizon Bay 1201 bied gaste die ideale ligging naby die restaurante, kroeë en kafees van die omgewing. Dit is ook naby die hoofpad wat jou 'n direkte roete na die bedrywige Kaapstad gee, sowel as 'n roete na die pragtige Weskus. Die nabygeleë strand is ideaal vir 'n wandeling terwyl jy die uitsig geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Horizon Bay 1201 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horizon Bay 1201 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 353 R1 353 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za