Horizon Stables Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Horizon Stables Guesthouse bied verblyf in 'n rustige gedeelte van Bloemfontein. Dié gastehuis is lekker naby Mimosa Mall, Loch Logan Waterfront en die sportstadions.

Verblyf beskik oor 10 en suite-kamers met 'n groot oop stoep wat uitkyk oor die tuin. Die wittebrood-suite het 'n koninggrootte-bed en die standaardkamers het elkeen 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Dit het ook 'n oopplan-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die gesinseenheid het 1 koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens in 'n aparte kamer. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Dit is slegs beskikbaar vir gesinne van 3 gaste of meer. Alle standaardkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe in die kamers sluit lugversorging, 'n TV met DStv, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf en breekware in.

Horizon Stables Guesthouse het WiFi, 'n braai-area, konferensiegeriewe, 'n eetkamer en veilige parkeerplek.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Oliewenhuis Kunssmuseum, Vrystaatse Botaniese Tuine, Franklin Natuurreservaat sowel as die Oorlog Museum en verskeie Herbert Baker geboue in die stad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horizon Stables Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za