LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by House, Cottage and Contractor's Manor | LekkeSlaap
+49

House, Cottage and Contractor's Manor

6 resensies
Selfsorg
Winteraanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 10 Mei 2021 tot 31 Jul 2021.

  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooilaan 183, Mooilande AH, Meyerton, 1929, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R350 R245 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

House, Cottage and Contractor's Manor bied troeteldiervriendelike selfsorgeenhede vir sakereisigers en kontrakteurs op die eienaar se perseel naby Vereeniging in Mooilande, 'n agri-gemeenskap van Meyerton, in 'n rustige area.

Verblyf word in 'n huis, kothuis en 'n kontrakteurshuis aangebied. Die huis bied slaapplek aan 12 gaste, die kothuis aan 2 gaste en die kontrakteurshuis aan 13 gaste.

Die huis is geskik vir 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2,5 badkamers en 2 aparte toilette. Daar is ook 'n kombuis, toonbank met stoele, 'n sitkamer met 'n gemaklike sitkamerstel en 'n teaterstel met 'n TV.

Die kothuis is geskik vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n ten volle toegeruste kombuis, toonbank met stoele en 'n sitkamer met 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV.

Die kontrakteurshuis is geskik vir 13 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Kamers 1 en 2 het elk 5 enkelbeddens en 'n driekwartbed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer. Kamers 1 en 2 deel ’n badkamer en Kamer 3 het ’n privaat badkamer. Die kamers deel die kombuis. Daar is 4 storte, 3 toilette, 3 wasbakke en ’n klerekas vir elke bed. Die kombuis is toegerus en daar is ’n wasmasjien en 3 slim-TV's.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 6 resensies vir House, Cottage and Contractor's Manor
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Mooilaan 183, Mooilande AH, Meyerton, 1929, Gauteng
  • Gaste dink House, Cottage and Contractor's Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gauteng
was R350
Vanaf R245
per nag (vir 2 persone)
was R350
Vanaf R245
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooilaan 183, Mooilande AH, Meyerton, 1929, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6307d884c5f3ce016c0d4675825290ec375133101f7ee01afc5b7691f80396655038a574c0485c5314f3d83a4a73845dbe8a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R350, nou Vanaf R245  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 183 Mooi Avenue Mooilande AH 1929 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.649755690687 28.052769891944
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!