Howzit Self-catering Flat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Howzit Self-catering Flat is in die kusdorpie genaamd die Bluff in KwaZulu-Natal geleë. Die woonstel bied 'n luisterryke uitsig oor die Bluff National Golf Club en dele van Durban. Die eenheid is op die grondvloer van die hoofhuis en is ideaal vir 2 volwassenes en 3 kinders.

Die eenheid het een slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kombuisie en het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en al die nodige toebehore. Die oopplan-leefarea met 1 stapelbed en 'n slaapbank. Daar is ook 'n eetkamertafel, platskerm-TV, DVD-speler, WiFi, DStv Premium, WiFi, strykyster- en plank, haardroër, bababad en lugversorging. Buite die eenheid is daar 'n privaat stoep met braaigeriewe en stoepmeubels en 'n grasperk met 'n uitsig oor die gholfbaan. Dit is net 5 minute se ry van die strand en winkelsentrums af.

Veilige onderdak-parkeerplek is beskikbaar en klein troeteldiere (onder 15 kg) word toegelaat op die perseel. 'n Strandsambreel en -stoele is beskikbaar op versoek. Daar is 2 skopfietse en lyfplanke is beskikbaar op ouers se eie risiko.

Gaste kan hul dae luilekker op die strand deurbring of die winkels en restaurante op die dorp besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Howzit Self-catering Flat sluit in:

1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
1 x Dubbelslaapbank
1 x Stapelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Klein Kombuis
  •  Kluis

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Howzit Self-catering Flat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R525 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za