Huis Afrika

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Huis Afrika is in 'n stil buurt van Vanderbijlpark geleë en bied gehalteverblyf wat perfek is vir 'n klein gesin, sakereisigers of vir oornagverblyf.

Verblyf word in 2 eenhede gebied.

Die Renoster Eenheid is 'n privaat, oopplan-tuinkothuis. Dit het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelslaapbanke vir 2 kinders. Die badkamer het 'n stort oor 'n hoekbad, 'n toilet en 'n wasbak. Die kombuis het 'n stoof, oond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei.

Die Zebra-kamer het 'n koningingrootte-bed en 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste kan gebruik maak van die swembad en braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig per eenheid op die perseel beskikbaar.

Huis Afrika is naby 'n winkelsentrum en verskeie restaurante, asook 3,2 km vanaf die Emerald Casino en 2,5 km van die Emfuleni-gholflandgoed af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Huis Afrika gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za