Huisie by die See

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 5 April 2020

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Huisie By Die See bied gerieflike selfsorgverblyf net 80 m van die strand af in Melkbosstrand, 'n skilderagtige vissersdorpie wat ook bekendstaan as die toegangspoort tot die Weskus. Dis ook stapafstand van restaurante en winkels af.

Verblyf word in die dakwoonstel-eenheid, tweeslaapkamerwoonstel, eenslaapkamerwoonstel en 3 selfsorgkamers aangebied. Elke eenheid het 'n TV met DStv-kanale wat Mnet en die sportskanale insluit. Gaste het toegang tot braaigeriewe en gratis WiFi. 'n Skoonmaakdiens 1 keer 'n week is ingesluit.

Die dakwoonstel-eenheid is op die eerste verdieping en beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens en en suite-badkamers. Daar is ook 'n oopplan-leefarea met 'n ingeboude braai en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die kamers en leefarea bied 'n uitsig oor die see.

Die tweeslaapkamerwoonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n oopplan-leefarea en ten volle toegeruste kombuis. Daar is ook 'n ingeboude braai op die balkon met 'n berg- en see-uitsig.

Die eenslaapkamerwoonstel op die grondverdieping het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is volledig toegerus en die stoep het 'n onderdakbraai en 'n see-uitsig.

Daar is 3 selfsorgkamers op die grondverdieping. Twee van die kamers het dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eenhede is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, mikrogolfoond, elektriese braaipan, ketel, broodrooster, basiese eetgerei en breekware.

Melkbosstrand is 'n kusbuurt 35 km noord van Kaapstad en is bekend vir sy lang, wit strand, seekosrestaurante, voetslaanroetes, duine en berg-uitsigte. Gaste kan op die mooi strande wandel en in die see swem. Hulle kan ook walvis- en dolfynkyk, hengel, wynproe, 4x4-roetes geniet, wildritte doen en perdry.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Huisie By Die See gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R525 per nag (plek vir 4)

Kry 30% af vir verblyf voor 5 April 2020

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za