Hunters Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hunters Lodge Port Elizabeth is 'n 3-ster-gastehuis wat warm, gasvrye verblyf bied vir ontspanning of besigheid. Ons is geleë in Greenacres, aangrensend met Newton Park, net minute weg van Port Elizabeth se hoofstrande en lughawe. Ons is naby Grey College, Collegiate en die Nelson Mandela Stadion en binne loopafstand van die Port-Elizabeth Greenacres-winkelsentrum, restaurante, rolprent-teaters en Virgin Active gimnasium.

Hunters Lodge verskaf rus en vrede in 'n veilige en versekerde omgewing.

Ons verblyf beskik oor 6 aantreklike suites, elkeen met sy eie badkamer, eie ingang en veranda wat lei na die swembad/kroegarea. Alle suites is privaat en die eiendom is omhein, met 'n veiligheidshek en genoegsame parkeerplek.

Die hoofwegsisteem het maklike toegang tot die nasionale paaie na Kaapstad, Natal en die binneland en is net 5 km vanaf die lodge.

Ons bied sonnige dubbelkamers, elk met sy eie badkamer en privaat ingang. Elke kamer het 'n stoep, yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is 'n TV met M-Net en gedeelde DStv.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Drankies ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hunters Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za