Ibis House
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Valley-weg, Sweet Valley, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ibis House bied B&B- en selfsorg-eenhede in Soetvallei, Kaapstad. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplekkie wat na aan verskeie besienswaardighede en geriewe in die suidelike voorstede te vinde is.
Die verblyf is as 'n volledige villa beskikbaar of op 'n kamerbasis.
Daar is 8 slaapkamers wat uniek en smaakvol versier is. Dié slaapkamers is gemeubileer met koningin- of koninggrootte-beddens en het 'n en suite-badkamer wat oor 'n stort en-/of 'n spa-bad, wasbak en toilet beskik.
Ander geriewe in die meeste van die kamers sluit gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n haardroër komplimentêre toiletware, elektriese komberse en koffie- en teemaakgeriewe in. 'n Heerlike ontbyt word in die eetkamer of buite op die stoep bedien.
Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike sitkamer vir ontspanning, 'n swembad en Jacuzzi en braaigeriewe vir gaste om te benut. Wasgoed-, skoenpolitoer-, banket- en ander dienste kan by die gastehuis gereël word en daar is veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar, maar slegs per bespreking.
Ibis House is in die uithoeke van die Tokai-woud geleë en bied die ideale ligging om die Constantia-wingerde en -wynproelokale, gholfbane, winkelsentrums en ander besienswaardighede te besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Valley-weg, Sweet Valley, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Ibis House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Constantia Valley Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Valley-weg, Sweet Valley, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12