Ibis Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ibis lodge is in Durban-Noord en bied gerieflike selfsorg- en B&B-verblyf met Duitse gasvryheid. Dié gastehuis is net 10 minute se ry vanaf Moses Mabhida-stadion, Kingspark-stadion en Durban se kus.

Daar is 8 gastekamers en elke kamer het oorgenoeg kasruimte, 'n radiowekker, lugversorging, plafonwaaier, elektriese kluis, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met M-Net. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Die gastehuis bied 'n swembad, terras, braaigeriewe, kroegarea, veilige parkeerplek op die perseel, gastesitkamer met sekere DStv-kanale en WiFi. 'n Kontinentale of Engelse ontbyt word bedien en aandete is op versoek beskikbaar. 'n Wasgoeddiens is ook op versoek beskikbaar.

Die ligging bied toegang tot Umhlanga, Gateway Theatre of Shopping, La Lucia Mall, Durban ICC, Kingsmead Krieketveld, Suncoast Casino, uShaka Marine World, Beachwood Gholfbaan, Durban Buiteklub en Gholfbaan, en Mount Edgecombe Gholfbaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Switsers

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ibis Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]