Ihlozi Lodge
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sodwanabaai R22, Kuleni Wildpark, 20 km noord van Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R8 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Ihlozi Lodge is 'n luukse selfsorg-lodge op die eksklusiewe Kuleni Privaat Wildplaas wat aan Amorello grens. Dit is die perfekte boswegbreek vir gaste wat op soek is na 'n bietjie meer luuksheid en privaatheid.
Kuleni Wildreservaat beslaan 200 ha skaars, ongerepte sandwoud wat gaste se siele sal verkwik. Daar is koedoes, impalas, wildebeeste, nyalas, kameelperde, sebras en bosvarke om te besigtig, maar geen roofdiere nie, wat beteken dat gaste gerus die wandelpad kan vat.
Die lodge se ingang is 2 groot houtdeure wat na 'n oopplanleefarea met 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea lei. Die kombuis het 'n groot dubbelyskas-vrieskas en oorgenoeg stoorplek vir gaste se kos en ander items as gaste langer bly. Al die nodige kookgeriewe word voorsien soos 'n vyfplaatstoof, 'n oond en 'n braai. Die hoofleefarea bied toegang tot 'n groot dek met 'n buite-sitarea, -eetarea en -braai. Hierdie area is oor die algemeen die gekose kuierarea aangesien wild wat die bostuin besoek van hier af besigtig kan word.
Aan die anderkant van die hoofleefarea is 2 en suite-slaapkamers en 'n TV-kamer. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is 'n TV met 'n DVD-speler, DStv en kringklank in die TV-kamer.
Dis net 'n kort entjie se stap van die leefarea af deur die tuin tot by die verhewe wandelpaadjies wat saans verlig is. Dié paadjies lei na 'n swembad, 'n tweede kroeg- en sitarea en nog 2 en suite-slaapkamers. Hierdie slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Bleu Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Sodwanabaai R22, Kuleni Wildpark, 20 km noord van Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ihlozi Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hluhluwe Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sodwanabaai R22, Kuleni Wildpark, 20 km noord van Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal