Scottburgh Akkommodasie by Ikhaja | LekkeSlaap
+17

Ikhaja

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sylviaweg 21, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ikhaja is in Freeland Park, Scottburgh geleë en bied 'n pragtige see-uitsig vanuit die slaapakmers.

Die kamer het 'n koninggrootte-bed met perkallinne en 'n en suite-badkamer met 'n stort, handdoeke, dubbelwasbak, granietoppervlaktes en 'n bidet. Die huis het 'n groot sitarea en kombuis wat volledig toegerus is met 'n yskas, stoof en skottelgoedwasser. 'n Basiese DStv-pakket is beskikbaar, asook 'n Hi-Fi, DVD- en CD-speler. Gaste kan ook van die speletjies, boeke, CD's en DVD's gebruik maak. Daar is 'n ruim buite-area met braaigeriewe, sonstoele en kussings.

Ongelukkig word kinders en honde nie toegelaat nie. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek.

Die verblyf is 500 m vanaf die pragtige strand wat deur lewensredders gemonitor word en baie skoon gehou word. Scottburgh Gholfcklub en Rolbalklub is in die dorp. Die winkelsentrum bied restaurante, skoonheidsalonne, haarkappers en 'n gimnasium. Daar is ook ander restaurante naby die strand. Daar is 'n pizzeria, sushi-restaurant en Portugese restaurant en kroeg in Marine-rylaan. Aliwal Shoal en Crockwolrd is net om die draai. Oribi Gorge-visvang, haaihokduik en duik is slegs 'n kort entjie se ry van die verblyf af.

Slaapplek

’n Bespreking by Ikhaja sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits
  • Switsers

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 30 resensies vir Ikhaja
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Sylviaweg 21, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ikhaja het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sylviaweg 21, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM0ZTdhNjExLTI2MjctNGMwNi1iYjEwLWUxNjJiNTY0NThmYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 21 Sylvia Road Freeland Park 4180 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -30.269444444444 30.756888888889
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za