Ikhaya Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ikhaya Safari Lodge is 'n luukse gaste-lodge wat in die voorheuwels van Constantia in Kaapstad geleë is. Die lodge is versier met egte Afrika safari-lodge-elemente en is dus enig in sy soort in Kaapstad. Ikhaya spog met 'n enorme vuurmaakplek, 'n wynkelder, en 'n oop rietdak-eetkamer. Koedoe- en wildebees-trofees versier die mure en zebra-matte lê versprei oor die houtvloere.

Die lodge bied verblyf in 8 en suite-kamers en 1 selfsorg-kothuis. Die hoofhuis beskik oor 3 en suite-slaapkamers, wat in 'n egte, koloniale styl versier is met muskietnette oor die beddens. Die 3 tuin-suites het klipmure en rietdakke, is versier in 'n elegante Afrika-styl, en beskik elkeen oor en suite-badkamers.

Vir diegene wat op soek is na onafhanklike verblyf, is ons pragtige rietdak-selfsorgkothuis die perfekte opsie. Dit beskik oor een slaapkamer, 'n oopplan-sitarea, kombuisie en 'n privaat terras.

Hierdie bekoorlike klip-en-rietdak-huis is in 'n groot, lowerryke tuin met 'n tennisbaan en 'n swembad geleë en bied asemrowende uitsigte oor Constantia se wynlande en die Hottentots-Hollandberge in die verte. Al hierdie prag kan van die terras af geniet word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Swembad
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ikhaya Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za