Ilanga Game and Fishing Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ilanga Game and Fishing Lodge is 'n selfsorg-lodge op 'n heuwel op die Dullstroom Country Estate. Dié vakansiehuis bied prentjiemooi uitsigte en is die ideale wegbreek uit besige die stad.

Die lodge het 4 slaapkamers, 2 badkamers met 2 aparte toilette en 'n oopplan-leefarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en deel die badkamers wat 'n stort of bad het. Die kombuis is goed toegerus om maaltye voor te berei en daar is wasgoedgeriewe en oorgenoeg ingeboude kaste vir eetgerei en breekware.

Die sitkamer langsaan het gemaklike rusbanke, 'n kaggel, TV met sekere DStv-kanale en 'n ingeboude braai-area. Die leefarea het stapeldeure wat na 'n stoep-area met 'n etenstafel vir 10 lei.

Gaste kan gerus visvang by die dam, daar is baars en forel. Wildritte kan ook gereël word. Die landgoed het 'n klubhuis met 'n speelarea vir kinders en 'n plonspoel. Ilanga Game and Fishing Lodge is 20 km van Dullstroom se middedorp af.

Slaapplek

'n Bespreking by Ilanga Game and Fishing Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ilanga Game And Fishing Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za