Grens Area Akkommodasie by Imvani Country Inn | LekkeSlaap
+17

Imvani Country Inn

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lausanne Plaas, Queenstown, 5322, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Imvani Country Inn bied B&B-verblyf op 'n plaas in privaat besit, net 20 minute buite Queenstown. Die lodge is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek, ver van die stad se gedruis af met wildkyk-geleenthede op die perseel.

Verblyf by Imvani Country Inn word gebied in 5 gastekamers, en 1 losstaande eenheid. Elke kamer beskik oor 1, 2 of meer driekwartbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad. Elke kamer is ook ingerig met elektriese komberse, 'n TV, tee- en koffiemaakgeriewe, en ander toestelle. Die gastehuis het 'n gemeenskaplike kombuis waar gaste hul eie maaltye kan voorberei.

'n Vermaakarea met 'n pooltafel en buite-braaigeriewe is beskikbaar vir gaste se gebruik, en gaste kan ook heerlik gaan piekniek, stap, voëlkyk, visvang, en op selfry- of begeleide wildritte gaan.

Doen gerus navraag by ontvangs om toere te reël om te gaan tjoepry op die rivier, of die rotskuns in die omgewing te gaan besigtig. Ons het ongelukkig nie kaartfasiliteite nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 2 resensies vir Imvani Country Inn
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Lausanne Plaas, Queenstown, 5322, Oos-Kaap
  • Gaste dink Imvani Country Inn het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Grens Area Oos-Kaap
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lausanne Plaas, Queenstown, 5322, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNlMDBhNzhlLTc0YjktNDY3Yy1hNmUxLWQ5YTBlY2Q5YzcwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 Farm Lausanne Queenstown 5322 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.039463 27.072873
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za