Infanta Akkommodasie by Infanta Cottage Self Catering | LekkeSlaap
+24
+24

Infanta Cottage Self Catering

  • Vanaf R500 per nag (vir 5 persone)
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Langs die N2, Infanta Park 11, Infanta, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Infanta Cottage Self Catering is 'n losstaande, privaat duplekshuisie met 2 slaapkamers wat in Infanta geleë is en dit bied slaapplek aan 4 of 5 gaste. Infanta is oorkant Witsand geleë. Die Breederivier skei die 2 plekke van mekaar. As jy nie padlangs wil kom nie, kan jy die pont gebruik.

Dié eenheid bied gerieflike verblyf en die boonste verdieping het 2 slaapkamers en 'n gemeenskaplike badkamer wat met 'n bad ingerig is. 'n Tweede badkamer onder het 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asseblief hulle eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n enkelbed en 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Etes kan by die etenstafel geniet word en die eenheid bied ook 'n TV met volledige DStv en die WiFi is op aanvraag beskikbaar

Binne- en buitebraaigeriewe is beskikbaar. Gaste moet net hul eie hout bring. Die eenheid het 'n klein 'n tuintjie met baie voëltjies. Die see kan vanaf die balkon en slaapkamervensters gesien word. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Die eenheid is kindervriendelik en daar is 'n speelpark net 'n paar huise verder aan.

Die eenheid is 'n klein private duplekshuisie met 'n motorhuis. Die motorhuis word nie saam met die eenheid uitverhuur nie, maar daar is 'n afdak vir 2 voertuie en 'n boot.

Infanta Cottage Self Catering is sowat 500 m (stapafstand) van die strand af as jy wil gaan swem

Slaapplek

’n Bespreking by Infanta Cottage Self Catering sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbank vir 1
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Infanta Cottage Self Catering
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Langs die N2, Infanta Park 11, Infanta, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Infanta Cottage Self Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R500
per nag (vir 5 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R500
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Langs die N2, Infanta Park 11, Infanta, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZMRADuvXI4oj3nBQemzsbenrd8TNeygBcfQ2bTYh0iBUuRaewX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (vir 5 persone) 12 5 1 5 Off the N2 Infanta Park 11 6740 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-20:00 12:00 -34.418886 20.849724
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za