Infanta Getaway

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Infanta Getaway is in die klein dorpie Infanta, by die mond van die Breederivier oorkant Witsand, geleë.

Dit is 'n paradys vir natuurliefhebbers en dit staan ook bekend as die vissermansparadys. Walvisse is 'n groot aantrekking en gaste kan hulle soms van die voorstoep af hoor. Daar is 'n speelpark oorkant die huis vir kinders.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en 1 volledige badkamer. Albei slaapkamers het dubbelbeddens. Die een slaapkamer het ook 'n enkelbed. Gaste moet eie handdoeke saambring. Linne word voorsien.

Die kombuis is goed toegerus. Die leefarea is ingerig met 'n platskerm-TV, 'n DVD-speler en 'n binnebraai. DStv is beskikbaar teen addisionele koste. Daar is ook buite-braaigeriewe met 'n see-uitsig en 'n speelpark vir kinders oorkant die pad.

Infanta Getaway is 75 km van Swellendam af geleë. Infanta is 'n baie klein en rustige dorp en dit het nie enige winkels nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Infanta Getaway sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Infanta Getaway gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]