Ingwe Kruger Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ingwe Kruger Retreat is in die Suid-Afrikaanse bosveld in Marlothpark waar diere vrylik rondloop. Dit bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n vriendegroep wat op soek is na 'n boswegbreek.

Hierdie selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 3 ruim slaapkamers wat elk sy eie lugversorging, plafonwaaier en en suite-badkamer het. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 enkelbeddens in die leefarea en 'n aparte gastebadkamer.

Die huis spog met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Die eetarea het genoeg sitplek.

Daar is 2 buitelug-vermaakareas, waaronder 'n dek met 'n uitsig en braai-area op die boonste verdieping en 'n kuierarea met 'n braai en swembadjie op die grondverdieping.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Die Krokodilbrugingang na die Krugerwildtuin is net 15 minute se ry ver wat gaste in staat stel om Afrika op sy beste te ervaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Ingwe Kruger Retreat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ingwe Kruger Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 995 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za