Invermooi Estate - The Cabin

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Cabin bied verblyf in 'n eenslaapkamer-selfsorghuisie op die Invermooi Angus-stoetplaas in die voorheuwels van die Drakensberge. Die paas is 25 km buite Nottingham Road in KwaZulu-Natal se mooie Middellande. Die landgoed bied 'n rustige, plattelandse wegbreek ver van die stad met 'n panoramiese uitsig op die Drakensberge. Daar is 5 lodges en 3 rondawels op die landgoed wat só gerangskik is dat dit genoeg privaatheid bied.

The Cabin is smaakvol versier en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n etenstafel met stoele. Daar is ook braaigeriewe by die eenheid.

Die Invermooi-landgoed is 'n topbestemming vir forelhengel en bied verskeie damme en 'n 8 km lange rivier. Dit is die ideale plek op heen weg te breek, met voëls en wild in oorvloed. Die plaaslike dorpie, Nottingham Road, het ook baie om te bied: van restaurante en kroeë tot oulike kunsvlytwinkels. Ander doendinge sluit kunsvlieghengel, voetslaan en bergfietsry in.

Slaapplek

'n Bespreking by Invermooi Estate - The Cabin sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Invermooi Estate - The Cabin gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 380 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za