Inyameko BnB

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Inyameko BnB is op 'n kleinhoewe in Centurion geleë en bied keurige verblyf. Inyameko BnB spog met bekostigbare basiese verblyf, ideaal vir reisigers wat 'n plek nodig het om hul koppe neer te lê.

Verblyf kan bespreek word in The White Room en The Pool Room, wat in die hoofhuis is, verblyf is ook beskikbaar in dei Lapa Units of opgeknapte stalle. The White Room het DStv, 'n volledige badkamer het 'n kombuisie. Dit het 'n privaat ingang en sy eie braai-area.

The Pool Room is ’n byvoegsel van die The White Room en kan vir addisionele kinders of ’n addisionele paartjie bespreek word.

The Lapa's is grasdak-eenhede wat rug aan rug staan en het ’n leefarea en privaat braai-area. Die Stalle is klein, kompak en kleurvol met kombuisies en ’n kompakte stortkamer. Daar is geen TV's in die stalle nie.

The Hide is apart van die ander eenhede langs 'n dammetjie. Dié eenheid het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, asook 'n dubbelslaapbank in die oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kamer lei na ’n klein dek wat oor die dam uitkyk.

Gaste kan die huis se swembad by die hoofhuis en lapa onder by die dam te gebruik as dit nie in gebruik is nie, solank hul dit mooi netjies agterlaat.

Al die eenhede, behalwe die Hide, word via die agterplaas bereik en daar is parkeerplek. Gaste word versoek om die hek toe te hou aangesien alle gaste nie honde in die omtes wil hê nie.

Toegang tot Inyameko BnB word deur 'n afstandbeheerde hek verkry en strale word in die aande geaktiveer wat verbind is aan 'n sekuriteitsmaatskappy. Daar is altyd ten minste een personeellid aan diens.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Inyameko BnB gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za